Your Recipe Blog

GEMENGDE MOSTERDPIEKELS (PICCALILLY)

GEMENGDE MOSTERDPIEKELS (PICCALILLY)

Heerlik saam met kookkos, braaivleis, kouevleis of enige maaltyd.

  • 1.5 liter groente, sonder die soet rissies
  • 250 ml komkommers, in stukkies van 2 duim gesny
  • 250 ml groot komkommer skywe
  • 250 ml klein uitjies
  • 250 ml jong groenboontjies, in stukkies van 1 duim gesny
  • 250 ml klein groen tamaties
  • 250 ml blomkool
  • 2 soet rooirissies, fyn gesny
  • 2 soet groenrissies, fyn gesny
  • ¾ koppie suiker
  • 3 eetlepels mosterd poeier
  • 1 teelepel borrie
  • 2 eetlepels meelblom
  • 1 teelepel selderysout
  • 3 koppies asyn

Week die bereide groente 24 uur lank in ‘n soutoplossing (1 koppie sout op 3.5 liter water).
Gooi die pekel af en spoel die groente met vars koue water af.
Meng gelyke dele asyn en water en bedek die groente daarmee in ‘n porselein of erdebak. Laat dit 2 uur lank staan.
Dreineer die water en asynmengsel in ‘n pot en verhit tot dit kook.
Dompel die groente daarin en kook dit 3 minute lank.
Meng al die droë bestanddele en voeg 3 koppies warm asyn daarby.
Roer dit oor stadige hitte tot dit dik is.
Dreineer die groente baie goed en gooi die water-asyn mengsel weg.
Gooi die warm mosterdsous oor en kook dit 5 minute lank baie stadig.
Pak die groente in skoon droë warm bottels met die mosterdsous.
Verseël hulle terwyl alles warm is.
Hoef nie in die yskas te wees nie, behalwe nadat die bottel oopgemaak is.

Nota:
Baie lekkerder as die gekoopte, en goedkoper ook.

Resep: Sharon Gien-Cambier
Foto:  Irene Minnaar – min of meer dieselfde resep. Myne kry 200 ml appelkooskonfyt by en geen selderysout nie.
2de Foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page