GEMENGDE MOSTERDPIEKELS (PICCALILLY)
Resep: Sharon Gien-Cambier
Foto: Irene Minnaar – min of meer dieselfde resep. Myne kry 200 ml appelkooskonfyt by en geen selderysout nie.
2de Foto: Rina Kleinhans
Heerlik saam met kookkos, braaivleis, kouevleis of enige maaltyd.
- 1.5 liter groente, sonder die soet rissies
- 250 ml komkommers, in stukkies van 2 duim gesny
- 250 ml groot komkommer skywe
- 250 ml klein uitjies
- 250 ml jong groenboontjies, in stukkies van 1 duim gesny
- 250 ml klein groen tamaties
- 250 ml blomkool
- 2 soet rooirissies, fyn gesny
- 2 soet groenrissies, fyn gesny
- ¾ koppie suiker
- 3 eetlepels mosterd poeier
- 1 teelepel borrie
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 teelepel selderysout
- 3 koppies asyn
- Week die bereide groente 24 uur lank in ‘n soutoplossing (1 koppie sout op 3.5 liter water).
- Dreineer die pekel af en spoel die groente met vars koue water af.
- Meng gelyke dele asyn en water en bedek die groente daarmee in ‘n porselein of erdebak. Laat dit 2 uur lank staan.
- Dreineer die water en asynmengsel in ‘n pot en verhit tot dit kook.
- Dompel die groente daarin en kook dit 3 minute lank.
- Meng al die droë bestanddele en voeg 3 koppies warm asyn daarby.
- Roer dit oor stadige hitte tot dit dik is.
- Dreineer die groente baie goed en gooi die water-asyn mengsel weg.
- Giet die warm mosterdsous oor en kook dit 5 minute lank baie stadig.
- Pak die groente in skoon droë warm bottels met die mosterdsous.
- Verseël hulle terwyl alles warm is.
- Hoef nie in die yskas te wees nie, behalwe nadat die bottel oopgemaak is.
- Nota: Baie lekkerder as die gekoopte, en goedkoper ook.
Category:


