GEMENGDE KRUIE EN UIE SAADBESKUITJIES
- 80 ml amandelmeel
- 80 ml sonneblomsaad
- 80 ml pampoen saad/pitte
- 80 ml sesamesaad
- 80 ml chia/flax saad
- 1 eetlepel physillium husk
- 2 teelepels knoffel en kruie speserye
- 1 teelepel uie vlokkies
- 1 teelepel sout
- 60 ml olie
- 1 koppie kookwater
Meng al die droë bestanddele saam. Voeg olie en kookwater by, roer en laat 5 minute staan totdat mengsel dik en jellieagtig is. Druk die agterkant van ‘n lepel in water en smeer mengsel eweredig oor ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en gespuit is. Bak 50 min teen 155ºC. Sny dadelik in blokkies van jou keuse en laat heeltemal afkoel in die oond wat afgeskakel is. Bewaar in ‘n lugdigte houer.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs
2de foto: Louise Groenewald met aanpassing soos onderaan
3de fot: Louise Groenewald – Ek het 1½ eetlepels Physillium husk bygevoeg toe ek die resep verdubbel het. Ek het laaskeer gevind die mengsel was BAIE styf na 5 min en het bietjie moeilik gewerk om dit plat gedruk te kry en uitgesprei te kry. Dit was perfek die keer. Ek het ‘n bietjie pienk sout en Ina Paarman Green Onion geurselsout bygevoeg i.p.v die geursels in die resep.
Louise Groenewald
Hierdie resep is ñ absolute wenner! Ek het al baie low carb beskuitjies gemaak vanaf verskillende resepte. Hierdie een is beslis die beste.
Ek het 80 ml Biltong Dukkha bygesit i.p.v die sonneblomsaad. Nie die ander geurmiddels nie, en net bietjie sout. Dukkha is reeds gegeur.
Perfek uitgekom maar ek bak nou eerder op my silikoon matjie.