GEMARINEERDE WAHOO VIS
Vandag se vis wat ek gemaak het, is Wahoo. Dit is ‘n baie lekker vis en as jy hom so bietjie droog maak en hom dan in marinade laat lê, dan neem dit die marinade nogal goed in. Ek haal my vis ‘n dag voor die tyd uit. Druk alle vog uit en sit dit in ‘n bak sodat alle ekstra water kan uitloop. As ek dink alles is uit dan lê dit in marinade vir ‘n volle dag.
- Wahoo vis, in stukke gesny
- Ina Paarman se lemon herb marinade
- Carb Smart fish seasoning
Bedek vis behoorlik met speserye.
Marineer so lank as wat moontlik is. Hoe langer hoe beter.
Ek het die vis met marinade op, goed bestrooi met koekmeel en dit in diep olie gebraai.
Dan het ons ‘n slaai saamgeëet wat bestaan uit die volgende:
- 1 tamatie
- ui
- pynappel
- Gouda kaas
Alles in klein stukkies opgesny en peper oor gestrooi.
- Rysslaai:
- 1 koppie rou rys
- 1 pakkie 250 g gemengde groente
- 1 teelepel borrie
- sout na smaak
Kook rys soos altyd saam met bogenoemde.
Kerriebone wat ek so tyd terug ingelê het.
Die sous oor die vis is tartar sous.
Resep en foto: Flipkotie Olivier