GEMARINEERDE LAMSRAK
- 1.8 kg lamsrak
- ¼ koppie olyfolie
- 2 teelepels gedroogde roosmaryn
- 4 teelepels fyn knoffel
- 4 eetlepels suurlemoensap
- ½ koppie appelkooskonfyt
- sout en swartpeper
Meng die bestanddele vir die marinade (behalwe die sout en peper) saam en smeer alkante oor die vleis. Sprinkel daarna sout en peper oor. Moenie bang wees vir baie growwe sout nie, onthou dat net die buitekant sout kry. Laat staan vir ten minste twee ure sodat die vleis kamertemperatuur bereik.
Voorverhit die oond tot 220 °C. Sit die lamsrak in ‘n onbedekte kasserol op die middelste rak en bak dit vir 20 minute tot goudbruin bo-op. Verlaag die oondtemperatuur na 160 °C, plaas die kasserol se deksel op en bak vir nog 30 minute.
Nota:
Die baktyd hang af van hoe groot en dik die stuk vleis is en hoe gaar jy van jou lamsvleis hou. Die belangrikste deel van die metode hier bo, is die eerste 20 minute in ‘n baie warm oond, en dat mens daarna die oondtemperatuur moet verlaag.
Ek het dit met oondgeroosterde groente en aartappels by bedien.
Foto en resep: Zita Harber