Your Recipe Blog

GEMARINEERDE EN GEROOSTERDE DRUKKOKER BRISKET

GEMARINEERDE EN GEROOSTERDE DRUKKOKER BRISKET

“So wie sê stowevleis kan nie braavleis wees nie (alhoewel – Amerikaanse Bbq!)? Ek het hierdie vleis opgediep uit die vrieskas, en wou eers ‘n bredie maak…maar toe dag ek dat ek tyd het vir eksperimenteer! En dit was baie, baie lekker… dink nie ek gaan ooit weer die snit anders gaarmaak nie. Dit laat my verlang na die Vrystaat! Sien daai pragtige Vrystaatse vlaktes in my geestesoog… Golden Gate… Clarens… ‘n deel van my hart is nog steeds daar!”

  • 800 g – 1 kg brisket, in skywe/repe gesny (of skaaprib/varkrib)
  • 350 ml water
  • Marinade en sous:
  • 3 teelepels vleisspesery
  • 2 teelepels gerookte paprika
  • 1 teelepel “chilli flakes”
  • 100 ml braaisous (eie keuse vir soort sous)
  • 25 ml sterk rissiesous
  • 5 ml liquid smoke (gerookte paprika kan ook gebruik word as plaasvervanging – dan is paprika 3 teelepels in totaal)
  • 50 ml blatjang of soetrissiesous – vir bedruip bo-op vleis

Plaas brisket in ‘n drukkoker, bedek met 350 ml water en drukkook vir 40 minute.
Haal die vleis uit – dit moet sag wees maar nie uitmekaar val nie – bêre vleissous as ‘n aftreksel vir ‘n volgende ete.
Meng al die marinade-bestanddele en bedek gaar vleis daarmee.
Marineer minstens 2 – 3 ure. Haal vleisrepe uit die sous en pak op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Giet res van marinade bo-oor, en skep ‘n bietjie blatjang of soetrissiesous bo-op elke reep vleis.
Bak by 210°C tot vleis gekarameliseerd en goudbruin is.
Bedien saam met aartappelskyfies of soetpatats en koolslaai.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5