GEMAALDE PERLEMOEN OP PAPRIKA RYS
- 410 g geblikte gemaalde perlemoen
- 1 medium rooi ui, fyn opgesny
- 1 knoffeltoontjie, gepars
- 16 g botter
- 15 ml olyfolie
- sout en gemaalde peper
- knippie neutmuskaat
- 30 ml suurlemoensap
- gekapte pietersielie
- gesnipperde grasuie
- ½ koppie rou rys
- 10 ml paprika
Bring die rys tot kookpunt en voeg die paprika by. Laat prut tot die rys sag en donsig is.
Dreineer en hou warm.
Smelt die botter in ‘n pan en verhit saam met die olyfolie.
Voeg die uie by en braai tot glanserig.
Voeg die knoffel by en roer deur.
Voeg die perlemoen met sous en al by en roer deur, kook tot die waterige sous verminder het.
Roer die pietersielie en suurlemoen by en bedien op die rys.
Garneer met grasuie.
Resep en foto: Johan Rossouw