Your Recipe Blog

GEKRUMMELDE VOLSTRUIS STEAKS (SCHNITZELS)

Recipe by
Cook: 6 + 6 minute | Servings: 6 porsies

GEKRUMMELDE VOLSTRUIS STEAKS (SCHNITZELS)

  • 6 volstruis fillet steaks, gevlek (“butterfly”)
  • speserye, na smaak
  • suurlemoensap
  • koekmeel, genoeg om steaks te bedek
  • eier, geklits om bedekte steak in te rol
  • krummels (ek het my eie krummels van “cornflakes” gemaak)
  • kookolie vir vlakbraai

Geur die volstruis steaks met speserye van jou keuse en sprinkel suurlemoensap oor.
Rol die vleis in koekmeel, dan in geklitste eier en laastens in die krummels of fyn graanvlokkies.
Plaas die bedekte rou steaks in die yskas vir ± 1 uur.
Verhit die kookolie in ‘n pan, geskik vir vlakbraai, en braai die steaks in die warm olie vir 6 minute aan elke kant.
Verwyder die steaks uit die olie en plaas op kombuispapier om te dreineer.

Nota:
Ek het my krummel steaks bedien saam met kapokaartappels en soet kruisement baba ertjies.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page