Your Recipe Blog

GEKRUMMELDE SLAKKE

GEKRUMMELDE SLAKKE

Die bestanddele se hoeveelhede is afhangende van hoeveel slakke gebruik word, na eie keuse.

  • geblikte slakke
  • koekmeel
  • knoffelpoeier
  • sout
  • eiers
  • gedroogde broodkrummels
  • olie vir diepbraai

Dreineeer die blikkie slakke in ‘n sif en spoel dit af met skoon water. Laat die water goed dreineer.
Meng die meel, knoffelpoeier en sout in ‘n aparte bak.
Klits die eiers in ‘n aparte bak en plaas die krummels ook in ‘n aparte bak.
Bedek die slakke eerstens met die gegeurde meel, doop dit daarna in die eier en dan in die broodkrummels.
Doop die slakke weer in die eier en daarna weer in die broodkrummels. Plaas die gekrummelde slakke op ‘n groot bord en sit in die yskas vir ‘n paar minute nadat al die slakke bedek is met krummels.
Verhit die olie in ‘n kastol of diep pan op die stoof en diepbraai die gekrummelde slakke in matig warm olie tot goudbruin.
Skep die gebraaide slakke uit op kombuispapier om te dreineer.

Nota:
Ek het knoffel en kaaswitsous gemaak, asook gewone knoffelbotter. Slakke is heerlik saam met beide souse.

Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page