Your Recipe Blog

GEKRUMMELDE RIBBOK BOUDTJOPS MET GROENTE RYS

GEKRUMMELDE RIBBOK BOUDTJOPS MET GROENTE RYS

  • 2 groot ribbok boudtjops
  • 1½ koppie koue melk
  • 1½ koppie koekmeel
  • Aromat, Robertson “Garlic and Rosemary” sout en peper, na smaak
  • 1 pakkie bruinuie soppoeier, opsioneel
  • Canola olie of sonneblom, vir vlakbraai
  • 2 eetlepels appelasyn of asyn van jou keuse
Kap die tjops aan albei kante om dit sagter te maak.
Laat lê vir so 30 minute (albei kante bedek) in die koue melk.
Meng intussen die meel, soppoeier en speserye in ‘n aparte bak.
Verhit ‘n pan met olie vir vlak braai tot medium hitte.
Voeg die appelasyn by die olie (geur en help voorkom aanbrand).
Laat die melk effens afdrup en doop dadelik in die meelmengsel.
Bedek beide kante met meelmengsel. Skud oortollige meel effens af.
Plaas in die olie, medium hitte. Braai aan weerskante tot goudbruin.
Draai versigtig  sodat die degies aanbly en nie onder vas sit aan die pan nie.
Maak seker jou olie is nie te warm nie (dit was effens die geval met my tjop op die foto, 2 de een het mooi gekom).
Indien jy sous oor die vleis wil hê, verwyder die olie uit die pan (los degies in wat agterbly).
Meng die oorblywende melk en meelmengsel (wat bruinuie ook bevat) tot loperige deeg.
Giet in die pan en meng tot effens verdikte sous (pasop vir aanbrand).
Die vleis was heerlik sag. Bedien saam met speserye-groente-rys en blou boerpampoen (of groentes/slaai van jou keuse).
  • Speserye-Groente-Rys (Spicy-Veggie-Rice):
  • 2 koppies gaar Tastic rys of van jou keuse
  • 5 medium baby marrows, in klein blokkies gesny
  • 1 groot wortel, in klein blokkies gekerf
  • 2 medium uie, fyn gekerf (fyn kool is ook lekker by)
  • 1 eetlepel Robertsons Spice for Rice
  • Aromat en swart peper na smaak
  • 2 eetlepels botter of margarien, vir gaarmaak

Kook eers jou rys apart in water tot gaar.
Voeg dan die res van bestanddele in ‘n groot pan en braai oor matige hitte tot gaar.
Voeg rys by en meng liggies deur.

Resep en foto 2: Christelle Van Rooyen
Hooffoto:  Christelle Van Rooyen – In plaas van die koue melk, het ek die vleis in so 3/4 koppie asyn en 1/4 koppie koue water gemeng laat lê voor dit in die meel gedoop is. Maak seker jou vleis is lekker koud en olie nié te warm nie, voor dit in die pan geplaas word. Dan bly die degies mooi vas.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page