Your Recipe Blog

GEKRUMMELDE LEMOENHOENDER MET LEMOENDOOPSOUS

GEKRUMMELDE LEMOENHOENDER MET LEMOENDOOPSOUS

  • Hoender:
  • 600 g vars of ontdooide hoenderborsies
  • 2 groot lemoene
  • 3 medium eiers
  • 1 eetlepel Ina Paarman “Garlic Pepper” sout
  • 1 koppie Maizena
  • ½ koppie koekmeel
  • 2 eetlepels Aromat
  • 2 eetlepels gedroogde pietersielie
  • 1 eetlepel gedroogde knoffelvlokkies
  • Canola of sonneblomolie vir vlakbraai
  • Doopsous:
  • ¼ Engelse komkommer, grof gerasper met skil en al
  • ¼ soet pynappel, grof gerasper
  • 1 groot wortel, geskil en gerasper
  • 1 medium ui, grof gerasper
  • 1 lemoen, grof gerasper
  • grof gemaalde peper en sout na smaak
  • 1 koppie “B-Well” Canola mayonnaise of een van jou keuse

Hoender:
Kap die hoenderborsies effens plat. Klits die eiers en “garlic pepper” sout saam.
Druk een lemoen se sap uit en voeg dit by die eiermengsel en meng goed.
Marineer die hoender in die eier met lemoensapmengsel vir ongeveer 15 minute.
Meng intussen die Maizena, koekmeel, aromat, knoffelvlokkies en gedroogde pietersielie saam.
Rasper 2 lemoene se skil grof in by die mengsel en meng deur.
Verhit vlak olie in ‘n pan tot matige hitte.
Doop die gemarineerde hoender in die meelmengsel, skud oortollige meel af en maak seker dat die hele borsie bedek is.
Braai oor matige hitte in die vlak olie tot gaar binne en goudbruin buite.

Doopsous:
Meng al die bestanddele van die doopsous saam behalwe die mayonnaise en lemoen.
Dreineer van die komkommer- en pynappelsap af indien te souserig is.
Rasper lemoen laaste by, want jy wil soveel moontlik van lemoensmaak behou, maar dreineer van die sap af indien te veel.
Voeg grof gemaalde peper en sout by na smaak.
Roer laastens mayonnaise by en meng alles mooi deur tot ‘n gladde doopsous.
Bedien die hoender met fyn kapokaartappels, skorsies en die doopsous op die kant.

Resep en Foto: Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page