GEKRUMMELDE KOEDOE STEAKS
Vandag die eerste keer gekrummelde koedoe steaks gaargemaak.
- koedoe steak, gesny in skywe (sny makliker as nog bietjie gevries is)
- koekmeel, gemeng met sout en peper
- 3 eiers, geklits
- Kellogs broodkrummels (vir my die lekkerste)
- aartappelskyfies (slap chips)
- sampioene
- uie
- peper
- knoffelbotter
- Italiaanse speserye
- 1 pakkie pepersous
- olie vir vlak braai
“Butterfly die steaks en kap met die kant van ‘n piering.
Plaas die meel, eier en krummels in 3 verskillende bakkies.
Doop die steaks in die meel, dan in eier en dan in die krummels.
Plaas gekrummelde steak in ‘n elke laag op ‘n bord en sit vir 20 min in die vrieskas sodat krummellaag kan vassit.
Braai in vlak warm olie vir 4 minute.
Pepersous volgens instruksies op pakkie aangemaak.
Skyfies in lugbraaier gaargemaak.
Uie in ringe gesny, in meel geskud en in olie gebraai.
Sampioene met peper, knoffelbotter en Italiaanse speserye in lugbraaier op 200°C vir 12 minute.