GEKRUMMELDE GROEN TAMATIES
Heerlike fried green tomatoes
- 4 groen tamaties
- sout, peper
- 1 koppie koekmeel
- 3 eiers, geklits
- 1 koppie krummels
- 1 koppie olie, vir braai
- Sous:
- 1 handvol gekapte spek
- 1 houertjie (250 ml) room
- sout peper, na smaak
Sny ente van tamaties af en sny elk in 2 wiele, sout en peper.
Plaas die meel, eier en krummels in 3 afsonderlike bakkies.
Doop die tamatie skywe eers in die meel, dan geklitste eier en dan in die krummels.
Plaasdie skywe met die krummels minstens ‘n halfuur in die yskas.
Braai in olie tot goudbruin alkant.
Braai die spek tot byna “crispy” in ‘n pan.
Voeg die room by die spek en prut tot verdik.
Geur met growwe peper en sout/Aromat.
Bedien die speksous oor die gekrummelde tamaties as voorgereg of verdubbel as hoofgereg. Njammm!
Resep en foto: Stef Conradie