GEKRUMMELDE AARTAPPELSKYFIES
Resep en foto: Christelle van Rooyen
Genoeg vir 2 persone (indien bedien saam met kosse).
- 1 groot mondial (of soort van jou keuse) aartappel
- 1 koppie bruismeel
- Aromat
- knoffelvlokkies
- sout en peper
- 3 medium eiers
- olie vir vlakbraai
- Meng die meel, sout en peper, Aromat en knoffelvlokkies in ‘n bakkie.
- Klits die eiers in ‘n aparte bakkie.
- Sny die aartappel in skyfies, doop in eier en bedek met meelmengsel en skud oortollige meel af.
- Plaas op skinkbord bedek met bakpapier en plaas ongeveer 20 minute in die yskas.
- Verhit olie tot matige hitte, skep bietjie skyfies op ‘n slag in die warm olie, draai later om sodat albei kante tot goudbruin bak. (Nie te veel op ‘n slag nie)
- Moenie roer of te veel omdraai nie, dit gaan deeg laat afval.
Geniet saam met steak of net so met ‘n doopsous.












