GEKOOKTE MOSTERD
- 50 ml wit suiker
- 50 ml wit druiwe asyn
- 1 teelepel Engelse mosterd (Hot)
- sout en peper na smaak
- 1 eier, geklits
Plaas al die bestanddele buiten die eier in ‘n dubbelkoker en verhit tot baie warm.
Nota:
Pasop dat die boonste bak nie aan die kookwater raak nie.
Klop nou die eier daarby en hou aan klop tot dik en al die skuim weg is, laat afkoel en geniet saam met gerookte varkvleis.
Berg in die yskas.
Resep en foto: Magda van der Merwe