GEKARAMELISEERDE UIE PASTAGEREG
Vanaand se lekkerte! Nomnomnom!
- 175 g spaghetti of linguini
- 3 medium grootte uie
- 3 knoffelhuisies
- ⅓ koppie gekapte songedroogde tamaties
- ¾ koppie fyngerasperde parmesan-kaas (nie poeier nie)
- 3 eetlepels olyfolie
- 2 eetlepels botter
- handvol vars pietersielie, fyngekap
- sout en peper na smaak
Kook pasta tot al dente, dreineer en hou ongeveer ‘n koppie van die pasta-water. Sny die uie in dun skyfies en kap die knoffel fyn.
Gebruik ‘n groot swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel in die olyfolie en botter op ‘n lae hitte tot goudbruin (ongeveer 30 minute).
Voeg die gekookte pasta, ongeveer ‘n halwe koppie pasta-water, tamaties en pietersielie by die uie. Roer deur.
Voeg nou bietjies-bietjies kaas by en roer aanhoudend sodat dit ‘n romerige sous vorm. Hou ‘n bietjie van die kaas om bo-oor te strooi.
Voeg nog pasta-water by indien nodig.
Geur met sout en peper na smaak.
Skep op, strooi die res van die parmesan oor. Ek het ook bros gebakte uie bo-oor myne gestrooi.
Maak 2 groterige porsies – ryk en lekker!
Resp en foto : Erica Cosijn