GEHEIME WORSBROODJIE VETKOEK
Dit is die vinnigste vetkoek resep met gesnipperde viennas in.
- 1 koppie koekmeel
- 1½ teelepel bakpoeier
- 2 teelepels strooisuiker of gewone suiker
- ¼ teelepel droë mosterdpoeier
- 1 eier
- ⅔ koppie melk
- 1 eetlepel kookolie
- 2 viennas, in klein stukkies opgesny
- kookolie vir diep braai
Meng droë bestanddele.
Meng eier, melk en olie met klitser.
Voeg meelmengsel by en klits goed met ‘n klitser.
Voeg laastens die stukkies viennas by. Meng goed deur.
Bak lepels vol in diep warm olie tot gaar.
Dreineer op kombuispapier en geniet.
Resep en foto: Lorraine Van Der Merwe