GEGEURDE KOESKOES
- 2 koppies koeskoes
- 2 koppies kookwater
- 1 ui, gekerf
- 1 groen soetrissie, gekerf
- 2 teelepel hoenderspeserye
- 3 teelepel gemengde kruie
- olie
Meng water en koeskoes en laat staan om uit te swel.
Braai ui en groen soetrissie in olie tot sag.
Voeg hoenderspeserye en kruie by.
Maak koeskoes los met ‘n vurk en meng uiemengsel deur koeskoes.
Nota:
Ek het bedien met gekrummelde hoender repies en mengelslaai.
Resep en foto : Marie Dumas Jennings