GEEN SKOTTELGOED QUICHE
Ek was lus om iets vinnig te maak vanaand so toe maak ek die. Eintlik maar dieselfde as die eier muffins, maar ek het besluit om dit in die pannetjie te maak, want dan kan ek die pan weggooi na die tyd en daar is geen skottelgoed nie. Gedog dis briljant.
Ek het net gevat wat in die yskas was, eiers, olie, melk, tamaties, ham, uie en spinasie aan die een kant – vir my en aan die ander kant sonder spinasie vir die kinders. Sout, peper en paprika en in die oond. As ek kaas gehad het, het ek dit ook bo-oor gegooi. Dit was ‘n treffer met my kinders en so maklik en vinnig.
- 6 eiers, geklits
- 125 ml melk
- ¼ koppie olie
- 1 tamatie, fyn gekap
- 1 pakki,e ham gekap
- 1 klein ui, fyn gekap
- 1 handvol spinasie, fyn gekap
- sout
- paprika
Meng al die bestanddele saam en die skep mengsel in klein foelie pannetjies.
Bak vir 30 min teen 180°C.
Foto en Resep: Lyrene Mertens