Your Recipe Blog

GEEN BAK ECLAIR KOEK

GEEN BAK ECLAIR KOEK

  • Koek:
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies
  • 2 pakkies vanilla kits poeding
  • 3 ½ koppies melk
  • 250 ml Orley Whip
  • Sjokoldae Versiersel:
  • 3 eetlepels kakao
  • 1 ½ koppies versiersuiker
  • 3 eetlepels warm melk

Meng poeding en melk in mengbak. Klits so 2 min.
Klits Orley Whip in aparte bak tot styf.
Vou in by poeding mengsel.
Smeer vierkantige bak en pak ‘n laag Tennisbeskuitjies.
Sit van die vulsel op die beskuitjies en maak gelyk.
Bedek met nog ‘n laag beskuitjies. Maak lae tot vulsel op is. Laaste laag moet beskuitjies wees.

Vir die versiersel:
Meng bestanddele tot glad. Sprei eweredig oor koek.
Verkoel vir paar uur of verkieslik oornag. Ek het net die hefte aangemaak.
Die resep sê Graham koekies en cool whip ek het Tennis en Orley gebruik.

Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5