GEELSTERT VIS SOSATIES
- Sosaties:
- Vis van keuse, sny in fillets in blokkies
- Rooi, groen en geel peppers in blokkies gesny
- Uie in groterige blokke gesny
- Marinade:
- 50 ml tamatie puree
- 50 ml olie
- 4 eetlepels gekneusde knoffel
- 100 ml suurlemoensap
- 1 teelepel peri peri
- 1 teelepel paprika
- sout en swart peper na smaak
Meng die marinade bestanddele saam en marineer die vis vir 1 uur.
Ryg die visblokkies in sosatiestokkies in die volgende volgorde: vis, pepper, ui tot stokkie vol is.
Braai op kole of warm pan tot gaar.
Foto: Cecil Dunhin
Category: