Your Recipe Blog

GEELSTERT VIS OP DIE KOLE

GEELSTERT VIS OP DIE KOLE

Ek het die naweek weer my geelstert vis spesiaal braai gemaak!

  • ½ koppie Merlot rooiwyn
  • sap van een groot suurlemoen
  • 3 eetlepels “Fish sause”
  • fyn knoffel na smaak
  • Marinade:
  • ¾ koppie botter
  • sout en peper na smaak
  • fish spice (Vis speserey) na smaak

Vlek die vis oop en lê plat op foelie.
Meng ½ koppie Merlot rooiwyn met sap van een groot suurlemoen en 3 eetlepels “Fish sause” en fyn knoffel na smaak.
Sprinkel oor hele oopgevlekte geelstert. Laat staan so in yskas oornag.
Volgende dag verwyder die marinade  sodat net die vis op foelie oorbly.
Smelt ¾ koppie botter en bedek hele vis daarmee.
Nou strooi sout en peper en Fish spice op die botter. Sit weer in yskas.
Berei lekker baie warm vuur, en braai vis op velkant met foelie onder in toeklaprooster tot botter bo gesmelt het.
Maak nou rooster oop en sit nou nog foelie bo-op vis.
Maak rooster toe en probeer vinnig omdraai dat sous nie uitloop nie.
Braai nou vir 5 minute. Draai nou weer vinnig om op velkant en haal af en geniet.

Resep en foto: Hendri Le Roux

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5