Your Recipe Blog

GEELSTERT KERRIEVIS

GEELSTERT KERRIEVIS

  • 3 tot 4 kg vars geelstert, gefillet
  • Kerriesous:
  • 6 medium uie, fyn gesny (Het mandeline gebruik)
  • 2 eetlepel borrie
  • 2 eetlepels medium kerriepoeier
  • 1 koppie appelkooskonfyt
  • 2 teelepels Aromat
  • 1 teelepel varsgemaalde swartpeper
  • 4 heel naeltjies
  • 1 teelepel vol karwysaad, gebreekte koljander
  • 10 lourier blare
  • 1 koppie asyn
  • 1 koppie ligbruin suiker
  • ± 1½ koppie water

Sprinkel sout en peper na smaak oor die vis, sny in kleiner porsies, hou eenkant.
Braai uie in groot plat swaar boom kastrol (verkieslik stainles steel) nie bruin nie net deurskynend.
As uie klaar gebraai is, voeg die res van die bestanddele by, net nie die vis nie, meng goed deur en en laat net deurkook.
Skep die helfte van die uiesous uit, hou eenkant. Pak vis in enkel laag met vleiskant na onder bo-op die sous in die pot.
Skep die uiesous bo-op die vis, en pak res van die vis bo-op uiesous.
Laat weer kook.
Sodra die vis begin kook, sit deksel op en kook vir net 20 min.
Skep vis in lae met uiesous in erde-bak, koel af en sit in yskas. Vat so ‘n week om lekker in te trek.

Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page