GEELPERSKE RISSIESOUS
Lekker perske chilliesous gemaak nou en helfde vir my suster gegee. Hierdie sous is redelik “warm” want ek hou van baie warm sous.
- 30 – 50 “birds-eye” rissies, gekap
- 4 geelperskes, geskil en in blokkies gesny
- 2 ½ koppies witasyn
- 1 eetlepel sout
- 4 teelepels suiker
Plaas die rissies, perskes, asyn en sout saam in ‘n pot en kook op medium tot hoog vir sowat 30 – 45 minute.
Verwyder van die plaat af, skep die mengsel in ‘n ander bak en voeg die suiker by, meng goed deur.
Verwerk met ‘n stokmenger of voedselverwerker totdat alles fyn is.
Vryf die mengsel deur ‘n sif, verwyder die pitte en botttel warm.
Resep en foto: Dawie Rontgen
Foto 2: Dawie Rontgen
Mango rissiesous, die perskes is met dieselfde hoeveelheid mango’s vervang.