Your Recipe Blog

GEEL INDIESE HOENDERKERRIE

Recipe by
Cook: 20-25mins | Servings: 4+

GEEL INDIESE HOENDERKERRIE

Resep en foto: Amanda Austen
Ek het die resep by ‘n Chef in Zanzibar gekry.

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, opgekerf
  • 1 kg hoender fillette
  • 5 knoffelhuisies, opgekerf
  • 5 ml borrie
  • 10 ml garam masala
  • 5 ml fyn gemmer
  • 5 ml komyn
  • 5 ml fyn koljander
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml klappermelk
  • 1 blikkie (410g) tamaties, opgekerf
  • 8 vars kerrieblare
  • 10 ml suurlemoensap
  • 30 ml suiker
  • rooipeper en rissievlokkies na smaak
  • Sny die hoender in blokkies. Geur met sout en peper. Braai in die olyfolie net tot geseël. Skep uit en hou eenkant.
  • Braai die ui in dieselfde olie tot glasig. Voeg die knoffel by en soteer 1 min lank. Voeg die borrie, garam masala, gemmer, komyn en koljander by en sorteer 1 min lank.
  • Voeg die tamaties, klappermelk, suurlemoensap, suiker en kerrieblare by.
  • Verlaag die hitte en laat stadig prut vir ongeveer 15 min lank.
  • Voeg die hoender by asook rooipeper en rissievlokkies na smaak.
  • Laat kook vir 5 min lank.

Bedien met rys.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page