Your Recipe Blog

GEDROOGTE SUURLEMOEN SKYWE

GEDROOGTE SUURLEMOEN SKYWE

Aangesien ons suurlemoenbome nou dra dat mens nie kan voorbly nie, hier is (miskien) ‘n nuwe idee vir julle.

Sny die grootste suurlemoene in baie fyn snye. (Ek gebruik ‘n mandoline)
Droog stadig in ‘n oond van ongeveer 60 – 70°C vir sowat 4 – 6 uur.
Ek kan nie presies wees nie, want oonde verskil. Die skyfies moet absoluut droog wees. Dit het ‘n heerlike “tangy” smaak en is bros soos aartappelskyfies.

Perfek as eetbare versiering by seekosse en sommer by slaaie en vleis ook!
Die skyfies krimp natuurlik soos dit droog, daarom moet mens groot suurlemoene gebruik.
Die metode behoort ook te werk met lemoene, maar dit het ons nog nie probeer nie.
(My sus en ek het dit die eerste keer geproe in ‘n restaurant saam met ‘n visgereg).
Bêre in lugdigte houer of plastieksak.
Maak net baie seker die skyfies is 100% uitgedroog voor jy dit uit die oond haal.

Resep en foto: Zuri Roos

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page