GEDROOGDE PERSKEROL
‘n Deel van my perskerol wat ek besig is om te maak, is op die droogbank. Ek dink dit gaan lekker smaak.
- 4 kg taaipit perskes, nie geskil nie
- 700 g suiker
- 1 eetlepel sout
Was die perskes skoon. Haal die perskes se pitte uit en maal met die growwe siffie van meul.
Plaas in ‘n skottel en voeg die suiker asook die sout by en meng goed.
Giet uit op groot skoongemaakte teëls wat gespuit is en krap oop sodat dit oral ewe dik is, omtrent 5 mm.
DROOG:
Plaas die teëls buite in die son onder ‘n net en dra dit maar saans onderdak veral as jy dou verwag of dalk reën. Sit volgende oggend weer in son. Ek hou dit maar dop, sodra dit lekker droog voel, rol ek dit op in rolle. As dit lekker warm is met ‘n effe wind gaan dit gouer as wat dit bewolkte weer is. Maak die rante mooi los, trek van die teël af en rol dit op met die gladde kant aan die binnekant.
Moenie dat dit nat raak nie, dit hang maar af van die weer. As dit swart raak, het dit gewoonlik vog gekry, miskien dou of reën.
Resep en foto: Gideon Louw