Your Recipe Blog

GEBRAAIDE SKAAPLEWER OP RYS

| Servings: 2 - 3 porsies

GEBRAAIDE SKAAPLEWER OP RYS

  • 2 medium uie, fyngekerf
  • 500 g skaaplewer, skoongemaak en in repies gesny
  • 2 eetlepels Karoo biltongspeserye (of 2 eetlepels gemaalde koljander, 2 eetlepels bruinsuiker, 1 teelepel grof gemaalde peper)
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • ¼ teelepel fyn naeltjies
  • 2 eetlepels Worcestersous
  • 1 eetlepel gedroogde knoffelvlokkies
  • 1 teelepel Aromat
  • peper na smaak
  • 1 eetlepel suurlemoensap of asyn
  • 2 eetlepels botter
  • 1 eetlepel Canola olie vir braai
  • 2 koppies gaar rys

Verhit ‘n groot genoeg pan met die olie en botter op die stoof.
Braai al die bestanddele, behalwe die rys, saam in die pan oor medium hitte tot gaar en sag.
Bedien die gebraaide lewer oor warm rys of spaghetti.

Resep en foto: Christelle van Rooyen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5