GEBRAAIDE PREIE (LEEKS)
- preie
- botter of olie
Sny oorlangs oop, maar nie regdeur die wortel deel nie. Was baie goed onder ‘n lopende kraan.
Die sand sit tussen die lae vas en dan is dit sleg.
Braai die gesnyde preie in botter tot gaar of smeer met olie en rooster in oond.
Resep: Elize de Kock
Foto: Jane Lerm
Category: