GEBRAAIDE LAMSLIESLAPPE
- lieslap gedeelte van die lamsribbetjie
- Worcestersous
- Aromat
Neem ‘n lamslieslap en sprinkel dit ruim met Aromat.
Sprinkel Worcestersous oor en vryf die Aromat en Worcestersous oor die vleis.
Rol dit op en laat staan vir ongeveer 1 uur.
Rol dit af en braai dit tot lekker krakerig oppie kole.
Sny dit dan in repe op ‘n snyplank en braai nog ‘n rukkie.
Bedien en geniet.
Nota:
Dit is n djeeerlike oudurfie en pasop…. jou lippe kan innie slag bly.
Resep en foto: Gideon Louw