Your Recipe Blog

GEBRAAIDE KNOFFELPOEIER

GEBRAAIDE KNOFFELPOEIER

Ek het die naweek weer 8 bolle knoffel verwerk na poeier toe.

  • 428 g knoffel
  • botter, opsioneel

Breek uitmekaar en verwyder meeste van die buitenste blare.
Plaas die toontjies in bak met warm water, dit maak dit ‘n baie makliker taak om die laaste blare verwyder te kry.
Kap die knoffel fyn en dan het jy ‘n paar opsies.
Of meng met botter en vries in kleiner hoeveelhede.
Of as jy dit wil dehidreer, vou toe in tinfoelie en bak tot sag.
Roerbraai dit SONDER enige vette of olies oor lae hitte, terwyl jy gedurig die bodem skraap om vassit te voorkom. (As jy olie gebruik, kan jy die gedroogde produk nie op die rak hou nie, aangesien dit galsterig word.)
Droog in dehidreerder (of air fryer as dit die opsie het) teen lae hitte.
Laat afkoel en stoor in bottels as gekapte weergawe of maal tot poeier.

Die knoffel, na ek dit geskil het, was 428 g in totaal. Na dit gedroog is, was dit 156 g – omtrend 125 ml se poeier.

Foto en resep: Petro Borchard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page