Your Recipe Blog

GEBRAAIDE KAAS EN SPEK AARTAPPELS

GEBRAAIDE KAAS EN SPEK AARTAPPELS

Ek het vir ons hierrie gebraaide aartappels gemaak vir ‘n bygereg saam met braaivleis, dit was heerlik.
Die hoeveelheid bestanddele benodig, is afhangende van hoeveel aartappels voorberei word.

  • aartappels
  • repies spek
  • Cheddarkaas
  • mosterd

Vir elke aartappel het jy ‘n repie spek en ‘n strokie chedder kaas nodig.
Kook die aartappels in ‘n pot op die stoof in bietjie soutwater tot byna gaar, ongeveer ‘n halfuur op stadige hitte.
Sny die aartappels in die helfte.
Maak ‘n holte in beide helftes.
Smeer ‘n bietjie mosterd in elke holte en plaas ‘n stukkie kaas saam met die mosterd in die holte.
Plaas die twee gevulde helftes aartappel opmekaar en draai dit toe met ‘n repie spek.
Braai die aartappels op skerperige kole totdat die spek gaar en “crispy” is en die kaas gesmelt is.
Dit is sommer “ghooofies”.
Ons het dit geniet saam met ‘n lamstjoppie, ‘n stukkie wors en ook vroulief se koolslaai.

Resep en fotos: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page