GEBRAAIDE CALAMARI-BUISE
- 24 baba calamari-buise
- 5 ml gerasperde suurlemoenskil
- 5 ml geparsde knoffel
- 1 rooirissie, fyn opgesny
- 30 ml olyfolie
- 2.5 ml gedroogde oreganum
- 5 ml sout
- 2.5 ml suurlemoenpeper
- suurlemoensap van 1 suurlemoen
- gekapte grasuie
- pasta van jou keuse
Maak die calamari skoon en plaas die buise in ‘n bak.
Voeg die suurlemoenskil, suurlemoensap, knoffel, rooirissie, olyfolie, oreganum, sout en peper bymekaar en meng dit met die calamari. Verkoel vir 30 minute.
Voorverhit ‘n pan op hoë hitte.
Kook die pasta tot al dente, dreineer en plaas dit in ‘n bak.
Plaas calamari-buise en die marinade in die verhitte pan en braai vir 2 – 3 minute per kant.
Skep die calamari uit.
Skep die pansappe uit die pan en meng met die pasta.
Plaas die pasta op ‘n bord en skep die calamari bo-op.
Garneer met gekapte grasuie of pietersielie.
Druk ekstra suurlemoensap uit oor die calamari volgens smaak
Resep en foto: Johan Rossouw