GEBRAAIDE BROODROLLETJIES VIR VOORGEREG
Ek het vanaand vir ons hierdie maklike, eenvoudige maar baie lekker oudurfie gemaak.
Hoeveelheid van die bestanddele hang af van die hoeveelheid rolletjies benodig word.
- snye witbrood
- olyfolie
- balsamiese- en uiedoopsous
- ham skywe
- kaas, in repies gesny
Sny soveel snye witbrood soos jy nodig het, se korsies af en rol effens plat met ‘n koekroller.
Smeer die snye se buitekant met olyfolie, asook met ‘n dik lagie balsamiese- en uiedoopsous.
Plaas ‘n velletjie ham op die smeersel asook ‘n repie kaas.
Rol die gevulde snytjie brood lekker styf op en plaas die rolletjies vir ‘n uur in die vrieskas, dit maak die rolletjies lekker styf en maklik hanteerbaar.
Braai die rolletjies stadige op skerperige kole totdat dit mooi goudbruin is en geniet die heerlike happie voor jy braai.
Resep en foto: Gideon Louw