Your Recipe Blog

GEBRAAIDE AARTAPPELS

Recipe by
Cook: 10-15 minute | Servings: 6 porsies

GEBRAAIDE AARTAPPELS

Ek het gistraant vir ons hierdie heerlike aartappels gebak in my rooi pannetjie oppie kole en dit was vir “to daai for”.

  • 2 aartappels, geskil
  • sout en peper na smaak
  • bietjie koekmeel
  • olie vir braai

Sny die aartappels se kante af sodat die aartappel ‘n blokkie vorm. Sny elke blok in twee ewe groot dele.
Plaas elke deel tussen twee stokkies. Ek het sommer ‘n dik plastiekstrooitjie gebruik.
Sny dan die aartappeblokkie deur tot op die strooitjie – nie heeltemal deur nie.
Draai die aartappel dwars en sny op dieselfde manier. Die aartappel is dan vol klein blokkies wat nie deurgesny is nie.
Laat lê die gesnyde aartappels in ‘n bietjie water waarin ‘n teelepel sout bygevoeg en opgelos is.
Laat staan vir 30 minute in die soutwater.
Plaas die gesnyde aartappels op handoekpapier nadat die meeste water uitgedruk en afgedroog is.
Laat staan die aartappels op sy basis en vryf meel, wat gemeng is met ‘n teelepel sout en peper, oral tussen die blokkies in deur hulle oop te trek van mekaar.
Braai dit dan in ‘n pannetjie met warm olie net sodat die aartappels omtrent hafpad bedek is.
Bak vir 10 – 15 minute in die warm olie en draai dan om.
Bak tot mooi goudbruin en geniet as ‘n bygereg.

Vroulief Rinie het ‘n sousie gemaak van mayonnaise en room wat ons oor die aartappels gegiet het en dit was regtig “to daai for”!

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page