GEBOTTELDE VIER BONESLAAI
Ek gebruik 410 g blikkies bone.
- 2 blikke gebakte bone in tamatiesous
- 2 blikke botterbone
- 2 blikke groenboontjies
- 2 blikke kekerertjies (chickpeas)
- 2 koppies druiweasyn
- 1 ½ koppie ligbruin suiker
- 2 ml borrie
- 10 ml gedroogde dille, opsioneel
- 15 ml mosterdsaadjies
- 40 ml Maizena, aangemaak met bietjie water
- 2 uie, gekap
- 1 elk rooi-, groen- en geel soetrissies, in repies gesny
- paar gebleikte sultanas, optioneel
Plaas al die bestanddele behalwe die bone en ertjies in ‘n pot op die stoof en verhit tot kookpunt.
Kook die bestanddele goed deur en voeg die blikke boontjies en ertjies met sous by.
Bring die bestanddele tot kookpunt en kook weer goed deur.
Voeg die aangemaakte Maizena by, na gelang die dikte wat u verkies.
Kook totdat die Maizena gaar is.
Bottel die warm slaai in warm gesteriliseerde bottels, seël die bottels en bêre in ‘n koel droë kas tot benodig.
Resep en foto: Annatjie Maritz Joubert












