Your Recipe Blog

GEBOTTELDE SPINASIE

GEBOTTELDE SPINASIE

  • 2 kg fyn gekerfde gaar spinasie
  • 4 uie, gekerf
  • 2 teelepels sout
  • 2 teelepels braai speserye
  • ½ teelepel gemmer
  • 1 ½ koppie asyn
  • 1 koppie suiker of minder
  • 2 pakkies kaaspoeier
  • ½ bottel Mayonnaise, opsioneel

Kook uie in bietjie van die spinasie water tot sag voeg res van bestanddele by.
Maak kaaspoeier aan volgens instruksies op die pakkie, voeg by die uie, voeg laaste die spinasie by.  Kook 3 min, voeg bietjie van die spinasie kookwater by indien nodig.
Roer ‘n halwe bottel mayonnaise by en bottel warm.
Rak lewe in donker kas ongeveer 3 maande.
Let wel moet nooit vars room of melk byvoeg nie.

Resep en foto: Stella Raath

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5