GEBOTTELDE ROOMSPINASIE
Goeie dag, so baie vra dat ek hierdie suksesvolle spinasieresep met julle moet deel.
- 2 kg spinasie met stingels, fyn gekerf
- 4 uie, gekerf
- Sous:
- ½ koppie suiker
- 1 koppie witasyn
- 2 teelepels sout
- 1 koppie spinasiewater of gewone water
- 1 teelepel braaispeserye
- 1 teelepel swartpeper
- 1 pakkie Knorr kaaspoeier
- Maizena
- mayonnaise
Kook die spinasie en stingels tot sag. Dreineer en behou die water.
Kook die opgekerfde uie in die spinasiewater tot sag. Dreineer en meng met die spinasie.
Kook die bestanddele vir die sous tot opgelos en verdik met Maizena indien nodig.
Voeg spinasie by sous en laat kookpunt bereik.
Voeg mayonnaise by en kook verder tot dik en romerig.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels. Seël dadelik.
Resep en foto: Beulagh Lombard