Your Recipe Blog

GEBOTTELDE MURGPAMPOENTJIESLAAI

Avatar photo
| Servings: 6 x 500 ml

GEBOTTELDE MURGPAMPOENTJIESLAAI

Wanneer die groentetuin oorvloedig produseer, maak jy murgpampoentjieslaai (baby marrow).

  • 1,8 kg murgpampoentjies
  • 2 koppies suiker
  • 4 – 6 uie
  • 1 – 2 rooi soetrissies
  • 750 ml wit druiweasyn
  • 1 eetlepel sout
  • 2 eetlepels borrie
  • 2 eetlepels Maizena, aangemaak met bietjie water

Sny murgampoentjies in ringetjies (halwes of kwarte as dit ‘n groot murgpampoen is).
Sny soetrissie en uie in blokkies.

Wenk:
Meng groente om te sien of rissies en uie se verhouding reg lyk.
Kook groente saam in net genoeg water tot sag, maar nie pap nie, ongeveer 5 tot 10 minute.
Dreineer groente deeglik.
Meng suiker, asyn, borrie en Maizenamengsel, verhit tot suiker opgelos is en kook tot Maizena gaar is en begin verdik.
Voeg gedreineerde groente by en kook deur.
Bottel warm in gesteriseerde bottels.

Resep:  Tannie Miemie Ehlers
Resep geplaas deur:  Susan Wessels
Foto’s:  Susan Wessels

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5