GEBOTTELDE MANGO’S – VESELPERSKES
Ek kook dit maar soos my ou moeder my geleer het. Vir hierdie kooksel het ek 21 mango’s gebruik.
Kook die mango’s in sarsies van ongeveer 4 mango’s op ‘n slag. Kook elke keer nuwe stroop vir die volgende 4 mango’s, anders word die stroop wolkerig.
- 4 mango’s, hulle moet nog lekker styf wees en net begin verkleur
- 2 koppies water
- 1 koppie suiker
Skil die mango’s en sny op in mooi repe.
Plaas die water en suiker in ‘n pot op die stoof en kook ‘n medium stroop.
Sodra die stroop kook, sit 4 mango’s se skywe in die stroop, sodra die stroop weer begin kook, skep dadelik uit in voorbereide bottel en seël dadelik.
Die geheim is ferm mango’s en stroop moet kook en vrugte moet net begin kook. Moenie te lank kook nie.
As mango’s te sag is of te lank gekook word, doen dit dieselfde as ‘n koejawel, staan maar heeltyd by dit. Die sous wat oorbly word saam met die oorbly pap mango’s gebruik vir coulis, daai jare was dit stroop, dit was roomys stroop.
My Moeder het ook van dit gebruik om ‘n mousse te maak soos appels, vir oor roomys en oor Flapjacks en wafels. Sy het altyd bloubessies en kiwivrug by gesit en pannekoek gevul daarmee, met styf geklopte room.
Moeder het dit ook gebruik saam met granadilla’s, die 2 gemeng vir ‘n tert of ‘n flan.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk