GEBOTTELDE KERSIES
- 1 koppie suiker
- 2 koppies water
- 300 g kersies
Smelt die suiker en water saam oor matige hitte.
Sodra suiker gesmelt het, voeg kersies by en kook op lae hitte vir 5 minute.
Bottel in gesteriliseerde bottels met deksels en seël dadelik.
Nota:
Maak seker die kersies is baie dig in die bottel gepak anders sal dit bo dryf en onder in die bottel sal niks wees nie.
Resep en foto: Rina Vermaak