GEBOTTELDE AARTAPPELSLAAI
Resep en foto: Meisie van der Colff
- 4 kg aartappels
- 2 potte mayonnaise
- 1 blik kondensmelk
- 3 groot uie, gekap
- Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout in.
- Belangrik:
- Moenie aartappels te sag kook nie, maar net gaar.
- Staan maar die rukkie en toets jou aartappel blokkies gereeld.
- Dreineer die water af.
- Plaas mayonnaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit, moenie kook.
- Skep die aartappels by die warm mayonnaise mengsel, roer deur en bottel warm.
- Maak seker jou bottels is baie goed gesteriliseer en die proppe en bottels is warm wanneer jy bottel. Seël dadelik.
Nota:
Die bottels kan tot 2 maande op die rak in ‘n koel plek gehou word.
Sit gekookte eier by wanneer jy gaan bedien. Jy kan ook die uie uitlaat en dit eers bysit wanneer jy gaan bedien.














Baie lekker dankie
Dit klink heerlik!! Kan jy nie klein botteltjie Sandwich Spread daarby inroer nié. Óns het spesiaal dit vir kersfees gemaak..
Ek glo mens sal kan, probeer gerus en laat weet vir ons asb?
Kan jy die aartappels vries as jy dit nie nou wil inle nie?
Hi Santie
Ek weet nie na watter aartappels jy verwys nie, maar ja mens kan aartappels vries, maar jy gaan dit nie kan gebruik om aartappelslaai te maak daarna nie, dit is net goed vir kookkos daarna. Aartappels hou meer as 3 maande in ‘n koel donker plek, so ek sal dit nie vries as dit nie regtig moet nie.
Groetnis
Rina