Your Recipe Blog

GEBOTTELDE 3-BONESLAAI

GEBOTTELDE 3-BONESLAAI

  • 1 blik gebakte bone in tamatiesous (baked beans in tomato sauce)
  • 1 blik botterbone (butter beans), gedreineer
  • 1 blik Franse styl groenbone (French cut green beans)
  • 1 middelslag ui, gekap
  • ½ koppie bruinasyn
  • ½ koppie blatjang
  • ½ koppie sagte bruinsuiker
  • bietjie olyfolie
  • sout en swartpeper

Braai die uie in olyfolie tot deurskynend. Voeg die asyn, suiker en blatjang by.
Prut tot die suiker gesmelt is oor matige hitte.
Voeg die res van die bestanddele by die mengsel en roer deur.
Prut tot dit die mengsel deurwarm is. Geur met sout en peper.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Nota:
Die groot bottel op die foto is NIE GESKIK VIR INMAAK NIE,  ek bêre hom in die koelkas wanneer afgekoel, dit gaan eerste geëet word.

Resep en foto: Louisa Hollenbach

One Review

  1. Cheryl Lynne Botha
    I just made this, added some curry powder and a green pepper. My husband LOVES it. Thank you for sharing.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5