GEBLIKTE SARDYN OUDURFIE
Ek het in my wildste drome nooooooit ooit geweet hoe dit gaan smaak, maar wou dit nog altyd traai en nou kan ek met sekerheid sê dit was waaaaaragtig lekker.
- 1 blikke sardyne in olyfolie
- Beslag:
-
½ koppie koekmeel
-
2 eetlepels suiker
-
1 teelepel bakpoeier
-
1 teelepel sout
-
1 eier, vooraf liggies geklits
-
1 eetlepel gesmelte botter
- melk, ongeveer 30 ml
Neem een blikkie sardiens in olyfolie en dreineer dit goed op handdoekpapier.
Meng al die beslag bestanddele saam en voeg melk by tot ‘n dik beslag gevorm is nie loperig nie.
Hanteer vesigtig dat hulle nie breek nie.
Plaas die sardiens in ‘n bakkie en bedek met die dik beslag.
Hanteer versigtig en braai in my rooi pannetjie oppie kole in dieperige warm olie.
Moenie te gou omdraai nie en hanteer met ‘n eier spaantjie.
Braai vir ‘n paar minute en draai om.
Kyk dat alkante mooi goudbruin gebraai het en siedaar ‘n heeerlike oudurfie voor ons begin braai.
Hmmmm smaaaklik net te min.
Resep en foto: Gideon Louw
Category:












