GEBAKTE WYNPOEDING
‘n Baie lekker warm poeding om ‘n gekookte Sondagete mee af te rond.
- 1 eier
- ½ koppie suiker
- 1½ asyn
- ½ sout
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 koppie melk
- 1 teelepel koeksoda
Klits eier, suiker, asyn en sout saam. Voeg koekmeel, bakpoeier en appelkooskonfyt by en meng deur. Los koeksoda in melk op en roer by meel- en eiermengsel. Skep die deegmengsel in ‘n diep, gemeerde oondbak (30 x 26 cm) en bak vir ± ‘n uur in ‘n voorafverhitte oond teen 180 ºC. Giet kokende stroop oor en bedien met vanillaroomys en vla.
- Stroop:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie melk
- ¼ koppie water
- ¼ koppie botter
- 2 eetlepels brandewyn
- 2 eetlepels sjerrie
Kook suiker, melk, water en botter saam. Voeg brandewyn en sjerrie by en giet kokend oor sodra poeding uit die oond gehaal word.
Resep en foto’s: Elma Brittz-Venter