Your Recipe Blog

GEBAKTE VRUGTETERT MET ROMERIGE KARAMELSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minute + 10 minute

GEBAKTE VRUGTETERT MET ROMERIGE KARAMELSOUS

Wat ek wel voor lus was is appeltert. Gebakte vrugtetert met romerige karamel sous – tertappels hier gebruik –  resep gekry by “Art of Cooking” Carolié de Koster

  • 140 g / 175 ml suiker
  • 50 g / 50 ml botter of margarien
  • 3 eiers
  • 140 g / 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 ml melk
  • 2,5 ml vanilla geursel
  • +- 400 g gedreineerde geblikte vrugte soos tertappels, pynappelstukke, pere of perskes
  • Karamel sous
  • 250 ml room of geblikte melk soos ideal melk (ek het klappermelk gebruik vanaand)
  • 100 g / 125 ml suiker
  • 2,5 ml vanilla- of karamel geursel

Room die botter en suiker saam en voeg die eiers een vir een by terwyl goed ingeklits word na elke eier. Voeg die droë bestanddele by en meng terwyl die melk en vanielje bygevoeg word en goed gemeng word.
Smeer of spuit ‘n oondvaste bak met 2 liter inhoudsmaat.
Skep die beslag in die bak en versprei eweredig. Rangskik die vrugte bo-op en bak op 180°C vir ongeveer 25 min of tot goudbruin en gaar.
Maak intussen die karamelsous deur die bestanddele in ‘n kastrolletjie tot kookpunt te bring en dan vir 10 minute oor matige hitte te laat prut.
Wanneer die tert klaar gebak het skep die sous oor en bak vir nog 10 minute.
Bedien met vla, roomys of geklopte room.

Resep geplaas deur en foto: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page