Your Recipe Blog

GEBAKTE VIS- EN GROENTEGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1-1 ¼ uur | Servings: ongeveer 6

GEBAKTE VIS- EN GROENTEGEREG

  • 1 pakkie ontvriesde gerookte Hake of Haddock (Gewone indien verkies)
  • 1 opgekapte middel grootte ui
  • 1 koppie gemengde groente
  • 1 koppie gerasperde Cheddar kaas
  • 250 ml vars room
  • 1 pakkie “Potato Bake” van jou keuse (Ek het suurroom en Chives gebruik)

Druk die waterigheid uit die vis uit.
Sny in kleiner stukkies en pak die helfte onder in ‘n vuurvaste glasbak.
Strooi helfte van uie en gemengde groente oor die vis.
Strooi helfte van die kaas oor.
Herhaal die lae met die ander helfte van die bestanddele.
Meng room en “Potato Bake” goed en giet egalig oor die hele gereg.
Bak vir 1 – 1 ¼ uur by 180°C tot alles gaar is.

Wenk:
As jy ietsie soek met ‘n byt, voeg bietjie Peri-Peri of Rooipeper by na smaak.
Bedien saam met gegeurde rys, kapokaartappels of mengelslaai

Resep en foto: Petra Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page