GEBAKTE UITJIES IN ‘N DEGIE
Ek het die afgelope tyd ‘n crave gehad met ‘n beslaggie, en so kom ek vanaand op ‘n paar klein uietjies af, let wel klein.
- paar klein uitjies
- ¾ koppie koekmeel
- 3 eetlepels suiker
- ½ teelepel Aromat
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel botter, gesmelt
- 1 teelepel bakpoeier
- 50 ml melk
- olie
Plaas die uitjies in’n vergiettes en stoom vir 15 min.
Dreineer goed en hou eenkant.
Meng al die bestanddele en maak ‘n redelike stywe beslag aan.
Skep die beslag oor die uitjies en maak seker dat almal bedek is.
Verhit olie in ‘n pan. Skep die uitjies een een uit die deeg in die warm olie.
Bak die uitjies vir ‘n paar minute aan elke kant tot mooi goudbruin.
Skep uit en geniet.
Sjoee dit was dieeeeerlik.
Resep en foto: Gideon Louw












