Your Recipe Blog

GEBAKTE SUURLEMOENTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

GEBAKTE SUURLEMOENTERT

  • 1 pakkie Tennis beskuitjies
  • 125 g botter, gesmelt
  • 1 blik kondensmelk
  • 4 eiers, geskei
  • ¼ koppie vars suurlemoensap
  • 3 eetlepels strooisuiker

Maak beskuitjies fyn en meng goed met gesmelte botter.  Druk dit goed vas in tertbak.
Klits 4 eiergele en meng met kondensmelk, voeg suurlemoensap by en meng goed.
Giet op tertkors in tertbak.

Klits eierwitte en strooisuiker saam tot stywe punt vorm. Skep bo oor tertmengsel in tertbak.
Bak teen 140° C  vir 20 minute tot mooi gekleur.

Sit die oond af, maak die deur effens oop en los die tert in die oond om saam met die oond af te koel om te keer dat die eierwit plat val.

Geniet saam ‘n koppie tee.

Resep en 2 de foto: Marlene Minderon
Foto: Allyssia Pretorius

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page