Your Recipe Blog

GEBAKTE SNOEK

GEBAKTE SNOEK

Vroulief het vanaand vir ons die lekkerste sappigste Snoek gebak en ek’t ‘n massiewe stuk opgeëet.
Hmmmmmmm heeeerlik!!

  • snoek, in stukke gesny
  • olie vir vlakbraai
  • Deeg:
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 yskoue bier
  • 1 teelepel sesamsaad of kerriepoeier na smaak
  • ½ teelepel sout en peper na smaak

Meng die sout, peper, sesamsaad en meel.
Gebruik van die meelmengsel en rol die stukke vis daarin sodat dit oral bedek is.
Meng die res van die meelmengsel en van die bier tot dit ‘n dik deeg vorm, nie te loperig of te dun nie.
Doop die stukke vis in die deeg en bak in vlak olie tot goudbruin of gaar.

Nota:
Ek het dik stukke gehad en dit het so vyf minute aan ‘n kant gebak en was heerlik sappig.
Sprinkel vars suurlemoen sap oor en geniet.
Ek het net die vis geëet, vroulief het bromkool ook saam met dit geniet.

Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page