Your Recipe Blog

GEBAKTE SKAAPKOP

Recipe by
Cook: +- 7.5 ure

GEBAKTE SKAAPKOP

Ek het vandag vir my ‘n heeeeerlike skaapkop in die oond gaargemaak en vir my vooraf vir ‘n oudurfie die oë en die breins uitgehaal en dit bedruip met die sous waarin die kop gaargemaak is.
Sjoeeee dit was djeeeeeerlik!

  • skoongemaakte skaapkop
  • 1 groot aartappel, geskil en in blokke gesny
  • 1 groot ui, in die middel deur gesny
  • sout en peper na smaak

Plaas die kop in ‘n groot kasserol saam met ‘n koppie water.
Bak dit in die oond vir 1 uur op 120°C en dreineer die water af.
Plaas terug in die kasserol saam met ‘n ¾ koppie water.
Geur met sout en peper en bak vir ‘n verdere 6 ure op 120°C.
Plaas die aartappels en uie rondom die kop en bak vir ‘n verdere uur.
Haal die deksel af en verbruin vir 20 minute op 200°C.
Koel af en geniet.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5